
why is it
that often at the end of days
we forget
the wonder with which we woke
the golden morning sun
beckons
like it knows our adventurous hearts
were not meant to be so sedentary
My ouers het Colesberg altyd gesien as ’n aanvaarbare plek om te sê: Ons het ver genoeg gekom vir een dag. Colesberg is die plek van genoegdoening—’n plek waar moeë bene die ruimte kry om te wandel soos hulle gemaak is om te doen. ’n Plek van oorvloedige spasie, van terug- en vorentoe kyk, en dankbaar wees vir beide. Hierdie spesifieke foto laat my speels dink aan daardie oomblik in The Lion King wanneer Mufasa vir Simba sê: “Everything the light touches is our kingdom.” Is ons nie maar eenvoudig gemaak om ons in die lig te wil vestig nie?