
isn’t the idea of relived experiences
an illusion
could we really be as naive
to think repetition is mundane
that we remain unchanged
Daar was ’n filosoof—ek dink dit was Heraclitus—wat gesê het: “No man ever steps in the same river twice, for it's not the same river and he's not the same man.” Om een of ander rede word ek altyd daaraan herinner wanneer ons deur Drie Susters ry. Soveel weergawes van wie ek was, het al hier gereis. Soms voel dit vir my so bekend, asof daar geen tyd verbygegaan het tussen my vorige ervaring van hierdie plek en die hede nie. Maar dan besef ek: die gedagte van ’n ‘konstante’ in hierdie leeftyd is heilig. Ek is nie dieselfde nie. Die plek is nie dieselfde nie. Haal jou hoed af en kyk die oomblik in die oë—met die respek en verwondering wat iets vlietends behoort te ontvang.