
sometimes we feel dejected
for missing invitations
we were not willing to notice
set aside by our own assurance
that we know the world
for what it is
and forgetting what it might be
Ek vermoed as ek vir tien mense vra: Wat is die eerste beeld wat in jou kop kom as ek ‘Johannesburg’ sê?, gaan voeltjies en straatligte waarskynlik nie een van hul antwoorde wees nie. Dis oraait. Ek is nederig bewus daarvan dat my verwysingsraamwerk nie vir almal tuis gaan voel nie. Maar dit is juis iets waarmee ek gehoop het om mense ‘n bietjie te konfronteer met hierdie uitstalling. Hoe ongelooflik opwindend is dit nie dat ons soveel uiteenlopende ervarings en herinneringe kan hê van dieselfde konsep of plek nie? Iets wat my nog altyd aan Johannesburg opgeval het, is hoe, wanneer die lug in die aande verkleur, ek amper die gejaag en druk van die stad kan vergeet. In daardie oomblikke voel ek soos ‘n kind—ek kan rus en diep asemhaal in die spookasem-lug. Ek het iewers in my lewe besluit dat Johannesburg my sintuie uitdaag. Maar hierdie saggekleurde skemeraande het my daaraan herinner dat die lewe nie altyd is soos ek voorheen besluit het dit is nie.