The Mountain We Stood Upon

Sometimes feeling small

Is a much greater gift

Than feeling significant

Humility is a fire around which we gather

An invitation to wander along the trail

SOLD
250 x 180 cm

Ek besef Ceres is so effens van roete af - maar dis waar huis is, en partykeer is dit goed om ‘n draai te ry wat mens nie beplan het nie. Dit was naby genoeg aan oppad, en ek wou mense daarheen neem. ‘n Sekere tyd van die middag, raak hierdie harde klipperige berge om ons so sag pienk, jy kan jou verbeel dit gloei. Dis ’magic’, ek’s oortuig. Daar’s baie voorbeelde van dinge wat ek eintlik dink ‘magic’ is, maar ons al geleer miskyk het. Sterre, pienk berge, vuurvliegies, nuwe lewe, hoe lief oons honde ons het. Vir soveel jaar het ek ons berge dopgehou, wat my elke laatmiddag nooi om hulle pienk oomblik van glorie vas te vang, maar ek was geïntimideerd. Beide oor dit vir my so mooi is en omdat ek gedink het die gedagte van groot pienk berge op doek is verregaande. Nie lank daarna nie het ek heel toevallig weer op ‘n foto afgekom van Stellenbosch se pieke wat einste JH Pierneef wraggies PIENK gemaak het. Dit was die toestemming waarvoor ek gewag het, en toe ontstaan die stuk. Partykeer is dit net nodig om herinner te word dat mens nie elke slag die wiel hoef te herontdek nie. Om in die skadu van iemand anders te beweeg kan ‘n welkome plek wees van moed skep.